Kenmerkende toepassings
Kry meer uit OneNote met hierdie toepassings en toestelle.
Brother Web Connection
Jou Brother-masjien (MFP/Dokument skandeerder) kan beelde skandeer en dit direk na OneNote en OneDrive oplaai sonder om deur 'n rekenaar te gaan.
Chegg
Studente kan hulle kritiese tuiswerkantwoorde vanaf Chegg Study-V en A na OneNote stoor. Dis maklik met OneNote se "Heg dit aan"-knoppie. Van daar af kan jy antwoorde volgens vak, klas of taak begin organiseer en dit dadelik soekbaar in OneNote maak. Skep die beste studiegids en deel met jou klasmaats.
cloudHQ
Integreer jou OneNote-notas met cloudHQ. Sinchroniseer jou notaboeke met ander gewilde wolkdienste soos Salesforce, Evernote, Dropbox. Werk maklik saam met ander, deel jou idees in enige toepassing en sinchroniseer dit outomaties terug na OneNote. Rugsteun ook jou OneNote-notaboeke in ander wolkdienste om jou idees te beskerm in geval jy dit per ongeluk skrap.
Newton
Stuur belangrike e-pos na OneNote met net een klik deur Newton te gebruik. Of dit nou 'n faktuur, 'n resep, of 'n belangrike kliënt-e-pos is, gebruik Newton se OneNote-integrasie om alles bymekaar te hou.
Docs.com
Docs.com laat gebruikers toe om notas of leermateriaal te versprei deur OneNote-notaboeke. Dit stel mense soos onderwysers en studente regoor die wêreld in staat om jou OneNote-notaboek te bekyk en te hergebruik en vergroot gewildheid en invloed in die gemeenskap.
Doxie Mobile Scanners
Doxie is 'n nuwe soort papierskandeerder wat herlaaibaar is, so jy kan dokumente enige plek skandeer - geen rekenaar word vereis nie. Laai dit net en skakel dit aan, waarookal jy is - sit jou papier, ontvangsbewyse, en foto's in om te skandeer, argief en deel. Doxie skandeer enige plek, dan sinchroniseer dit met OneNote vir toegang tot al jou geskandeerde dokumente op al jou toestelle
EDUonGo
EDUonGo laat almal toe om 'n aanlyn akademie of kursus binne minute te laat loop. EDUonGo-studente kan maklik lesse na hulle eie notaboeke uitvoer. Dit maak dit maklik vir studente om notas te neem en dit met ander te deel. Studente kan ook aan hulle OneDrive-rekeninge koppel. As onderwysers kan julle ook video's van Office Mix in julle lesse insluit.
E-pos na OneNote
Lê die dinge vas wat vir jou belangrik is terwyl jy rondbeweeg deur dit direk na jou notaboek per e-pos te stuur! Stuur dokumente, notas, agendas, en soveel meer aan me@onenote.com en ons sal dit in jou OneNote-notaboek plaas, waar jy vanaf al jou toestelle toegang daartoe kan verkry.
Epson Document Capture Pro
Document Capture Pro laat jou toe om maklik dokumente te skandeer, bladsye te redigeer, lêers te stoor, en data na die toepassings oor te dra wat met Epson-skandeerders geskandeer is, soos die Workforce® DS-30, DS-510, DS-560 en ander. Gebruikers kan ook na OneNote skandeer met een aanraking, om maklik toegang tot dokumente van veelvuldige toestelle te verkry of om dit met ander te deel.
eQuil Smartpen2 & Smartmarker
Skryf jou notas op enige oppervlakte en stuur dit na OneNote deur dit 'n slimoppervlakte te maak met eQuil Smartpen2 en Smartmarker. Dis 'n natuurlike manier om jou briljante gedagtes vas te lê.
Feedly
Feedly koppel lesers met die stories en inligting waaroor hulle passievol is. Gebruik Feedly om wonderlike inhoud te ontdek te volg, en berg dan die beste artikels direk na OneNote met een klik.
Paper en Pencil deur FiftyThree
Gaan van Pencil na Paper met jou idees en neem dit dan 'n stappie verder met OneNote. Skryf en teken met die verbeterde akkuraatheid en gemak waarvoor Pencil bekend is, en as jy 'n fout maak, draai eenvoudig die stilus om en vee dit uit – alles net daar in OneNote. Neem maklik notas, maak kontrolelyste en teken in Paper, en deel dit dan na OneNote om meer te doen, soos om saam in 'n gedeelde notaboek te werk, oudio-opnames by te voeg en vanaf byna enige toestel toegang tot jou inhoud te verkry.
Genius Scan
Genius Scan is 'n skandeerder in jou sak. Dit laat jou toe om papierdokumente te digitaliseer, PDF-lêers te skep en dit dadelik in OneNote te stoor.
JotNot Scanner
JotNot sit jou iPhone om in 'n draagbare veelbladskandeerder. Jy kan JotNot gebruik om dokumente, ontvangsbewyse, witborde, besigheidskaartjies en notas in 'n elektroniese formaat te skandeer. JotNot bied nou direkte integrasie met Microsoft se OneNote-platform aan, so jy kan vinnig en maklik jou geskandeerde dokumente met jou OneNote-rekening rugsteun en organiseer.
Livescribe 3 Smartpen
Met die Livescribe 3 smartpen en Livescribe+-toepassing, skryf eenvoudig op papier en kyk hoe alles onmiddelik op jou mobiele toestel verskyn, waar jy kan merk, soek, en jou notas na teks kan omskep. Jy kan alles na OneNote stuur sodat jou handgeskrewe notas en sketse met die res van jou belangrike inligting geïntegreer is.
Mod Notebooks
Mod is 'n papiernotaboek wat vanaf die wolk toeganklik is. Neem notas met bekende pen en papier, digitaliseer dan jou bladsye gratis. Elke bladsy van 'n voltooide notaboek kan na OneNote gesinchroniseer word en vir ewig gestoor word.
NeatConnect
NeatConnect verander papierstapels in digitale dokumente en stuur hulle reguit na OneNote - sonder 'n rekenaar. Van enige kamer in jou huis, of enige plek in die kantoor, maak NeatConnect se Wi-Fi versoenbaarheid en raakskermkoppelvlak skandering na OneNote vinnig en maklik sodat jy tyd kan spaar, en organisasie en produktiwiteit tot hele nuwe vlakke neem.
News360
News360 is 'n gratis verpersoonlikte nuwe toepassing wat leer waarvan jy hou enslimmer word hoe meer jy dit gebruik. Met meer as 100 000+ bronne, is daar altyd iets interessants om te lees, en jy kan jou gunstelingstories direk op OneNote met 'n tik van 'n knoppie stoor.
Nextgen Reader
'n Vinnige, skoon en pragtige RSS-leser vir Windows Phone. Laat jou nou artikels direk na OneNote stoor. Geniet die lesery!
Office Lens
Office Lens is soos om 'n skandeerder in jou sak te hê. Mis nooit notas op 'n witbord of swartbord nie, en soek nooit weer vir misplaasde dokumente of besigheidskaartjies, vermiste ontvangsbewyse of los kleefnotas nie! Office Lens maak jou prente toweragtig leesbaar en weerbruikbaar. Lê inhoud reg in OneNote vas met outomatiese terugsnyding en opruiming.
OneNote For AutoCAD
OneNote vir AutoCAD laat jou toe om notas te neem langs jou tekening van binne AutoCAD. Dit versterk die produktiwiteit van argitekte en ingenieurs wêreldwyd wat AutoCAD gebruik om 2D- en 3D-tekeninge te maak. Hierdie notas word gerugsteun in die wolk en jy kan enige tyd daartoe toegang verkry. Gebruikers kan hierdie notas sien wanneer hulle volgende keer die tekening oopmaak in AutoCAD.
OneNote Class Notebooks
Organiseer jou lesplanne en kursusinhoud in jou eie digitale notaboek met 'n persoonlike werkspasie vir elke student, 'n inhoudbiblioteek vir uitdeelstukke en 'n samewerkingspasie vir lesse en kreatiewe aktiwiteite.
OneNote Web Clipper
Die OneNote Web Clipper laat jou toe om webblaaie van jou blaaier in jou OneNote-notaboeke te stoor. Met een klik help dit jou om dinge vinniger vas te lê en meer in jou lewe te onthou.
Powerbot for Gmail
Stoor belangrike e-pos, gesprekke en aanhegsels direk na OneNote vanaf die Gmail-koppelvlak. Niks meer rondspring tussen toepassings nie.
WordPress
Skryf jou WordPress-plasings op enige toestel, dwarsoor platforms, aanlyn of vanlyn in OneNote en gebruik maklik weer inhoud van al jou bestaande notas.
Zapier
Zapier is die maklikste manier om aan OneNote te koppel met die toepassings wat jy reeds gebruik, soos Salesforce, Trello, Basecamp, Wufoo en Twitter. Gebruik hierdie toepassing om notas rug te steun, 'n rekord van voltooide take te hou of nuwe kontakte, foto's, webblaaie te berg en meer.